Local newsNewsNews

Donkie uit Vaaldam gered

DENEYSVILLE. - Jake Manten, NSRI (Nasionale See Redding Instituut) Vaal Dam Stasiebevelvoerder en sy span het gister (27 Desember) tot die redding van 'n donkie gekom wat op 'n eiland in die Vaaldam gestrand was.

Die donkie het glo sowat vier weke tevore, toe die watervlakke laag was, sy weg na die eiland gevind. Die watervlakke het daarna gestyg en die arme langoor was op die eiland vasgekeer. Iemand het gelukkig die donkie opgemerk en die NSRI-personeel gekontak waarna hulle dadelik ondersoek ingestel en tot die donkie se redding gekom het.

‘n Plaaslike veearts van Villiers Dierehospitaal is genader om te help. Hy is saam met die span na die eiland en het die donkie ondersoek en gevind dat die arme dier ondervoed was en aan stres ly. Hy het die donkie met ‘n kalmeermiddel geskiet, waarna die donkie op ‘n spesiale draagbaar gelaai en op die NSRI Crock gelaai en na veiligheid geneem kon word.

Die donkie is weer veilig by sy eienaars wat verheug was oor sy tuiskoms nadat hy vier weke lank soek was.

Die arme donkie wat vir vier weke op ‘n eiland in die Vaaldam vasgekeer was, is gered en met sy eienaars herenig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button