Die plaaslike Diere Beskermings Vereniging (Vereeniging/Vanderbijlpark) se personeel staan altyd slaggereed om diere in nood te help. Groot was hul verbasing egter toe hulle onlangs 'n oproep ontvang dat daar 'n krokkedil in 'n diep drein vasgekeer is en dat hulle moet gaan help.
Mnr. Likkewaan is weer in 'n veilige area vrygelaat. Foto's: verskaf
“Ons eerste gedagtes was: kan dit waar wees? ‘n Krokkedil?,” vertel ‘n woordvoerder van die DBV. “Ons het nog nooit voorheen ‘n krokkedil in ons area, behalwe natuurlik die in aanhouding, teëgekom nie. Maar ons inspekteurs is dadelik soontoe om te gaan help”.
Daar aangekom vind hulle egter ‘n parmantige likkewaan (ook bekend as Rock Monitor) vasgekeer in die diep drein. “Dit was steeds ‘n probleem, want ‘n likkewaan is ook gevaarlik, maar moes eenvoudig gered word”. Likkewane kan mense met hul stert slaan en het ook ‘n gevaarlike byt.
Die inspekteurs is sonder huiwer dadelik af in die diep drein. Dit was ver af tot waar die likkewaan vasgekeer was en ‘n baie lang leer is vir dié doel ingespan. Na ‘n lang gespook is die likkewaan uit die drein gered sonder dat hy of enige van die inspekteurs beseer is. Mnr. Likkewaan is daarna in ‘n veilige area vrygelaat.‘n Inspekteur van die plaaslike DBV op pad na onder in die drein om die likkewaan te red.Die diep drein waarin die likkewaan beland en vasgekeer was.Mnr. Likkewaan is weer in ‘n veilige area vrygelaat. Foto’s: verskaf
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za