Local newsNewsNews

Kunstige foto’s in skakerings van oranje

Geniet vandag se pragtige foto-versameling in skakerings van oranje.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die eerste gedrukte Vaalweekblad vir 2021 verskyn weer volgende week 13 Januarie. Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vakansie op die onderskeie fotoblaaie op die web verskyn het, sal weer in die eerste uitgawe pronk.

Ria Pieterse van Vereeniging het die pragtige landskapfoto geneem toe die son begin sak en die pragtige diep oranje kleure geskep het.
Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi straattoneel met pragtige kleure in die foto vasgevang toe die son begin sak.
Albertus Kriel van Vereeniging het die pragtige natuurfoto geneem.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die pragtige foto onderweg na Puteri Harbour geneem.
Rozan Koen van Vaalpark het die pragtige sonsondergang foto geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging, het die pragtige foto van ‘n hottentotsgot geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi toneel in Tietiesbaai aan die Weskus afgeneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging, het die mooi foto geneem.
Elsje Vermeulen, lid van die Vanderbijpark Fotografiese Vereniging, het die foto geneem en kunstig verwerk.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto geneem. Sy sê dit is tans ysig koud by hulle, maar dat die sneeu betowerend mooi is. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto by die Parys Vliegveld geneem.
Lizette Kuhn van Sasolburg het die mooi sonsondergang foto van die Vaalrivier geneem.
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die pragtige foto met treffende lyne in skakerings van oranje geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die pragtige foto geneem.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi landskapfoto geneem.
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die pragtige foto in die Walter Sisulu Nasionale Botaniese Tuine geneem.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto opgestel en afgeneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die mooi portretfoto geneem. Dricky (Dricky’s Pix) neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die pragtige foto geneem.
Ria Pieterse van Vereeniging het die mooi foto in die tuin van ‘n vulstasie geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button