Vandag is daar 'n kleur-ontploffing op die blad, en boonop spog die blad met vier nuwe fotograwe wat vandag vir die eerste keer foto's op die blad deel. Welkom aan Pieter Lambooy van Vereeniging, Simoné de Bruin (13 jaar oud) van Vanderbijlpark, Bianca-Rose Steenekamp van Harrismith en George Stevens van Vereeniging.
Michelle Hart van Sasolburg het die helderkleurige natuurfoto geneem.
Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die eerste gedrukte Vaalweekblad vir 2021 verskyn Woendag 13 Januarie. Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vakansie op die onderskeie fotoblaaie op die web verskyn het, sal weer in die eerste uitgawe pronk.
Michelle Hart van Sasolburg het die natuurfoto in treffende groen skakerings geneem.Pieter Lambooy van Vereeniging het die mooi silhouette foto op 24 Desember langs die Suikerbosrivier geneem. Dit is die eerste foto wat Pieter op die blad deel.Simoné de Bruin (net 13 jaar oud) van Vanderbijlpark het die mooi foto van die weerligstraal teen die pers aandlug geneem. Sy het die foto omstreeks 23:00 op ‘n kleinhoewe naby die Laerskool Vaalrivier geneem. Dit is die eerste foto wat Simoné op die blad deel.Ria Pieterse van Vereeniging het die pragtige natuurfoto van die heldergeel blomme geneem.Rika van der Walt (oud-Valie) van Ellisras het die kunstige natuurfoto geneem.Albertus Kriel van Vereeniging het die pragtige natuurfoto van ‘n kosmos geneem.Rozan Koen van Vaalpark het die kunstige foto van die weerkaatsing in die motor se kantspieël geneem.Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto van ‘n bloedrooi Hibiscus, die nasionale blom van Malaysia, geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi landskapfoto met betowerende wolke op die plaas geneem.Bianca-Rose Steenekamp van Harrismith het die pragtige foto van haar viervoetkind tussen die groen gras geneem. Dit is die eerste foto wat sy op die blad deel.Christa van Bemmel van Vanderbijlpark het die pragtige foto van ‘n naaldekoker geneem.Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging, het die mooi sonsondergang foto geneem.“Pragtig in pers” – Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die mooi modelfoto geneem. Dricky (Dricky’s Pix) neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.Lizette Kuhn van Sasolburg het die pragtige foto geneem.George Stevens from Vereeniging captured this sunset driving to an athletics meeting in Potchefstroom. This is the first photo George shared on the page.“Dis my vissie”- Hennie Coetsee van Meyerton het die pragtige foto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.Jan Putter van Sasolburg het die pragtige natuurfoto in helderpienk geneem.Joalize Els van Frankfort het die teffende sonsondergang foto by die Klein Oasis-vakansieoord geneem.Hendrik Grobbelaar van Centurion het die pragtige foto van ‘n zebra en haar vulletjie wat in die laatmiddagson stap by die Rietvlei Natuurreservaat, Pretoria, geneem.Karin Cronjé van Andorra het die interessante foto van ‘n sneeubedekte tafel op die patio geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto geneem.Louise van der Merwe van Vaalpark het die pragtige foto van die Vaalrivier met sonsondergang geneem.Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die pragtige foto in die Marakele Nasionale Park geneem.Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die mooi natuurfoto by Temenos Retreat in die Weskaap geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za