Local newsNewsNews

Kom stap saam deur die natuur

Die natuur met al die prag wat dit inhou bly maar 'n groot aantrekkingskrag vir die mens. Kom stap saam met die fotograwe en kyk wat hulle by hul onderskeie bestemmings afgeneem het.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die eerste gedrukte Vaalweekblad vir 2021 verskyn Woendag 13 Januarie. Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vakansie op die onderskeie fotoblaaie op die web verskyn het, sal weer in die eerste uitgawe pronk. Dit sal die 29ste fotoblad wees.

Christa van Bemmel van Vanderbijlpark het die pragtige foto van die olifant in die Krugerwildtuin by die Krokodilrivierbrug geneem.
“Rustig onder die koelteboom” – Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging, het die mooi in die Krugerwildtuin geneem.
Dawniie Oosthuizen Van Meyerton het die mooi foto van die onweerswolke geneem.
“Kom stap saam” – Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die mooi modelfoto geneem. Dricky (Dricky’s Pix) neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.
Ria Pieterse van Vereeniging het die pragtige foto van die zebras wat water drink in die Krugerwildtuin geneem.
Edwin Haasbroek van Anchor Ranch, ‘n plaas tussen Parys en Potchefstroom, het die mooi foto van die welkome reëndruppels teen die ruit geneem.
George Stevens van Vereeniging het die pragtige sonsondergang foto in in Italië by Sirmione geneem.
Hendrik Grobbelaar van Centurion het die pragtige foto van die jong koedoes met hul groot ore_geneem.
Karin Cronjé van Andorra het die pragtige lankskapfoto by Sant Llorenç de Morunys in Spanje geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto van die zebras by die Ecopark in Vaalpark geneem. Dit lyk amper soos een zebra met twee koppe.
Lizette Kuhn van Sasolburg het die mooi foto van ‘n kameelperd wat aan die blare smul geneem.
Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die pragtige seelandskap foto geneem.
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die pragtige foto geneem.
Marietjie Barnard van Vereeniging het die mooi sonsondergang foto in die Kaap geneem.
Michelle Bold van Vereeniging het die pragtige foto in Deneysville langs die viswaters geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die pragtige natuurtoneel afgeneem.
Rozan Koen van Vaalpark het die kunstige silhouette foto van die takke teen die gloeiende agtergrond geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die pragtige natuurfoto geneem.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die pragtige foto op ‘n uitstappie na Penang Hill tydens ‘n onlangse besoek aan Penang geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die interessante foto van ‘n paddastoel op die plaas geneem.
Bianca-Rose Steenekamp van Harrismith het die mooi foto van ‘n naaldekoker geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button