Local newsNewsNews

Fotoblad: Die mens en sy beste vriend

Die mens en sy beste vriend sorg altyd vir interessante oomblikke vir die fotograwe om vas te vang. Geniet vandag se pragtige foto-versameling.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die eerste gedrukte Vaalweekblad vir 2021 verskyn vandag, 13 Januarie. Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vakansie op die onderskeie fotoblaaie op die web verskyn het, sal weer in die eerste uitgawe pronk. Dit sal die 29ste fotoblad wees.

Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi oomblik van die skattige krulkoppie vasgevang.
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige foto geneem.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto by Puteri Harbour, Johor geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die dierbare foto van die “gevaarlike” waghond geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging, het die mooi foto in die Krugerwildtuin geneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem. Dricky (Dricky’s Pix) neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.
Marietjie Barnard van Vereeniging het die pragtige foto van die hengelaars in die Kaap geneem toe die son begin sak.
Elsje Vermeulen, lid van die Vanderbijlpark Fotografiese Vereniging, het die aksiefoto geneem.
Joalize Els van Frankfort het die besondere foto by die Klein Oasis-vakansieoord geneem.
June Bartlett van George het die mooi terug-skool-toe foto geneem. June spesialiseer in kinderfotografie en familiefoto’s. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.
Karin Cronjé van Andorra het die pragtige foto op ‘n sneeustaproete na Mirador del Rio Runer geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
“In sy eie sprokieswêreld voor my spieëlkas” – Louise van der Merwe van Vaalpark het die pragtige foto geneem.
Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die pragtige foto van die mense op die strand geneem.
Rozan Koen van Vaalpark het die pragtige monochroom foto van haar dogtertjie geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die skattige foto van die oulike viervoet geneem.
“Kan ‘n mens dan nie droom nie” – Hennie Coetsee van Meyerton het die pragtige foto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto van haar man Marial (ook ‘n oud-Valie) tydens ‘n besoek aan ‘n koffieplantasie geneem.
Rika van der Walt (oud-Valie) van Ellisras het die oulike foto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button