Local newsNewsNewsUpdate

Drie Riviere se ystervrou steeds verlam na ongeluk

VEREENIGING. – Dalene Venter, wyksraadslid vir Wyk 1 van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit wat in November verlede jaar in ‘n ongeluk betrokke was, het bykans twee maande na die voorval steeds nie gevoel in haar bene nie. Dalene se man, Hannes, sê hoewel dit al effens beter met sy vrou gaan het Dalene steeds geen …

VEREENIGING. – Dalene Venter, wyksraadslid vir Wyk 1 van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit wat in November verlede jaar in ‘n ongeluk betrokke was, het bykans twee maande na die voorval steeds nie gevoel in haar bene nie.

Dalene se man, Hannes, sê hoewel dit al effens beter met sy vrou gaan het Dalene steeds geen gevoel in haar bene nie.

“Die situasie het nog nie verander nie en daar is tans geen gevoel in haar bene nie,” het Hannes Donderdagmiddag (14 Januarie 2020) laat weet. Talle inwoners van Drie Riviere wou in die nuwe jaar weet hoe dit met Dalene aan.

Volgens Hannes bevind Dalene haar tans in die Mediclinic Meulmed in Arcadia in Pretoria. Sy is op 10 Desember daarheen oorgeplaas. Sy het in Desember glo in die hoësorgeenheid beland toe sy vog op haar longe gekry het en toe vir ‘n longinfeksie behandel moes word.

Sy is intussen weer na ‘n gewone saal oorgeplaas.

“Dit gaan nou baie beter met haar,” sê Hannes.

Volgens Hannes ontvang Dalene fisioterapie en doen sy oefeninge om haar bloedsomloop te verbeter.

Daleen was op Donderdag 19 November in die ongeluk in Houtkopweg betrokke toe sy beheer oor haar wit Kio Rio verloor het en met ‘n walletjie langs die pad afgery het. Die voertuig het teen ‘n boom tot stilstand gekom en die lugsak het in die proses ontplooi.

Dalene was ten tye van die ongeluk besig om oplossings vir Drie Riviere se kragprobleme te probeer vind nadat die buurt vir dae lank sonder krag gelaat is toe ‘n transformator ontplof en ondergrondse kragkabels beskadig is.

Raadslede Elize Aucamp en Yvonne Coertze behartig tans haar verantwoordelikhede as wyksraadslid.
Foto: Christiaan Cloete[/caption]

Dalene Venter het beheer oor haar voertuig verloor en teen ‘n walletjie langs Houtkopweg af gery. Die voertuig het teen ‘n boom tot stilstand gekom. Foto: Christiaan Cloete
Een van die laaste foto’s van rdl. Dalene Venter voor sy op 19 November in die ongeluk was. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button