Local newsNewsNews

Nuwe era breek vir MooiVaal aan

Die nuwe toevoeging tot die groeiende MooiVaal-stal fokus op berigte oor menslike nuus, harde nuus, sport, kuns, vermaak en nog vele meer.

VANDERBIJLPARK. – ‘n Nuwe era het aangebreek. MooiVaal Media, die uitgewer van onder meer Ster, Vaalweekblad, Potchefstroom Herald, Carletonville Herald en Parys Gazette, het aan die einde van 2020 te midde van die verlammende Covid19-pandemie, ‘n nuwe aanlynkanaal, Sê jou sê, geloods. Die nuwe toevoeging tot die groeiende MooiVaal-stal fokus op berigte oor menslike nuus, harde nuus, sport, kuns, vermaak en nog vele meer. Die eerste 10 episodes van Vaalweekblad se Sê jou sê was propvol insiggewende en interessante insetsels. Vaalweekblad se produksiespan het onder meer by verskeie kunstenaars, musikante, politici en gemeenskapsleiers gaan inloer. Die eerste episode vir 2021 is verlede week op Vaalweekblad se Facebookblad en YouTube uitgesaai. Vaalweekblad het by Annatjie Kruger, die brein en dryfkrag agter My Makiti skoene, gaan inloer. Haar passie is voete en haar missie is om ‘n gemaklike skoen vir enige voet te skep. Jacob Oliphant lewer reeds vir 52 jaar medisyne in Vereeniging af en op 83 is hy steeds fluks en gesond, maar van aftree is daar geen sprake nie. Vaalweekblad het bietjie met die unieke Vaaldriehoeker gaan gesels. * Vaalweekblad se susterskoerant, Potchefstroom Herald, spog ook met ‘n aanlynprogram propvol interessante insetsels. Daar is ook bekostigbare advertensie-spasie op die onderskeie aanlynkanale beskikbaar. Vir meer inligting en tariewe, stuur gerus ‘n e-pos aan Maretha.Lombard@media24.com of skakel haar by 082 476 3964. Vir redaksionele inhoud en insetsels vir Vaalweekblad se aanlynkanaal, stuur ‘n e-pos na ettienne.vanrensburg@media24.com.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button