Local newsNewsNews

Pitbull in Frikkie Meyer-boulevard raakgery

VANDERBIJLPARK. - Asof die hewige reënbui vanmiddag nie reeds genoeg drama op die paaie veroorsaak het nie, is 'n pitbull-hond in Frikkie Meyer-boulevard raakgery.

Gelukkig was daar ‘n lid van die Streetwatch-buurtwag, Bianca, wat gesien het hoe die hond raakgery word. Sy het dadelik begin om die verkeer te reguleer, waarna daar ander mense opgegaag het en die situasie help hanteer het. Die hond is ondersoek en hoewel daar ‘n duidelike wond en bloed aan sy regter-agterbeen was, het die hond later begin rondbeweeg en wou dit vir die betrokkenis voorkom of hy nie te ernstig beseer is nie. Hy is veearts toe geneem vir verdere behandeling.

Verskeie mense het ingespring en gehelp na ‘n pittbull (Amerikaanse veghond) laat vanmiddag in Frikkie Meyer-boulevard raakgery is. Vaalweekblad-medewerker Shane Pretorius was op die toneel om foto’s te neem.
Daar was bloed en ‘n duidelike wond aan die hond se regter-agterbeen.
Die pitbull-hond wat laat vanmiddag in Frikkie Meyer-boulevard raakgery is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button