Local newsNewsNews

Voortreflike foto-versameling

Die fotograwe het vandag 'n skitterende versameling opgedis om sodoende die week op 'n besonder hoë noot af te sluit. Die groep verwelkom ook Susan Erasmus van Baberton en Jacques le Roux van Heidelberg wat nuwe lede is.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die eerste gedrukte Vaalweekblad vir 2021 het Woensdag, 13 Januarie verskyn. Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vakansie op die onderskeie fotoblaaie op die web verskyn het pronk in die uitgawe. Dit is die 29ste fotoblad.

Frikkie Stroh, bekende professionele fotograaf van Vereeniging, het die treffende foto van die sebras geneem.
Tanya van Vollenstee van Alberton het die pragtige foto in Krugerwildtuin geneem.
Nico Potgieter van Vanderbijlpark het die kunstige foto geneem.

 

George Stevens van Vereeniging het die kunstige foto van ‘n Langstertflap by die Marievale Natuurreservaat geneem.
Hendrik Grobbelaar van Centurion het die pragtige foto van die Ligtoring in Oos London geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die pragtige foto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
Jacques le Roux van Heidelberg, een van die professionele fotograwe op die blad, het die pragtige foto geneem.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die pragtige foto van die murasie geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.
Susan Erasmus van Barberton het die skattige foto van die kameelperd wat tong uitsteek geneem. Dit is die eerste foto wat Susan op die blad deel.
Jan Putter van Sasolburg het die pragtige foto laatmiddag op pad terug van Heilbron geneem.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto by Arinsal Ski Station geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige foto geneem.
Lizette Kuhn van Sasolburg het die treffende foto van die wolke wat die hemelruim omtower geneem.
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die pragtige natuurfoto van die wurm wat lyk of hy vlerkies het geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die pragtige sonsondergang foto geneem.
Marietjie Barnard van Vereeniging het die mooi  foto vroegoggend met sonopkoms in die Kaap geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die kunstige foto uit ‘n lae hoek geneem.
Ria Viljoen van Garsfontein het die skilderagtige sonsondergang foto in Scarborough in die Wes-Kaap geneem.
Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die mooi sonopkoms foto geneem.
Mariana du Preez van Vereeniging het die mooi foto van van die geskiedkundige Voortrekker Monument in Pretroria geneem.
Ria Pieterse van Vereeniging het die treffende foto geneem.

 

Rozan Koen van Vaalpark het die kunstige foto geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die pragtige monochroom foto geneem. Albertus neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 083 469 3942.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het hierdie prentjiemooi foto geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die kunstige foto van ‘n varkoor geneem.
Carla Pretorius (voormalige joernalis van Vaalweekblad) wat in Kanada woon, het hierdie pragtige toneel by Mill Lake Park afgeneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging, het die mooi landskapfoto geneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die kunstige monochroom foto geneem. Dricky (Dricky’s Pix) neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button