Local newsNewsNews
Helikopter tot die redding na oorstroming
Die mense wat in 'n huis in Lochvaal vasgekeer was nadat die Rietspruit oorstroom het, is omstreeks 11:30 uit die verknorsing gered toe 'n weermaghelikopter en taakspan opgedaag het. Die pad is intussen nog verder afgesper sodat 'n tweede helikpter van ER24 ook kan land.
Mense wat naby aan die Rietspruit bly word aangeraai om hul huise te ontruim en te sorg dat hul gesinne en diere veilig is want daar is glo “nog groot water oppad”. Die Kroonvaal se damwal het gebars wat glo tot verdere oorstromings in die area kan lei.
Shane Pretorius is vir Vaalweekblad op die toneel en hierdie foto’s geneem.



At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
