Local newsNewsNews

‘Ontruim jul huise naby spruit, daar kom nog water!’

VANDERBIJLPARK. - Mense wat naby aan die Rietspruit bly word aangeraai om hul huise te ontruim en te sorg dat hul gesinne en diere veilig is want daar is glo "nog groot water oppad". Die Kroonvaal se damwal het gebars wat glo daartoe gaan lei!

Nege honde is reeds gered nadat verskeie reddingswerkers ingespring het om die gesin en hul diere te probeer red wat in ‘n huis vasgekeer is, nadat die Rietspruit oorstroom het weens gisteraand se hewige stortbuie in die streek.

Die bejaarde mense in die huis kan ongelukkig nie deur die sterk stroom na veiligheid beweeg nie. Daar word ook probleme ondervind om met jetski en bote hul te probeer red, omdat daar te veel hindernisse net onder die watervlak is. Daar word verwag dat die weermaghelikopter omstreeks 11:30 daar sal wees om die vasgekeerde gesin van vier te red. Die pad is reeds afgesper en daar word nou angstig gewag, rapporteer Shane Pretorius, Vaalweekblad se korrespondent op die toneel (Kleinspruit, Lochvaal naby Barrage).

Nege honde is reeds gered. Foto: Lazzarus Dithagiso
Van die reddingswerkers op die toneel.
Nege honde is reeds gered. Foto: Lazzarus Dithagiso.
Van die reddingswerkers op die toneel by die Kleinspruit, Lochvaal naby Barrage.
Een van die nege honde wat reeds gered is Foto: Shane Pretorius

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button