Karwag met skroewedraaier toegetakel toe hy kardiefstal probeer keer
VEREENIGING. – ‘n 67-Jarige karwag by die Checkers Hyper in Arcon Park is Vrydagmiddag met ‘n skroewedraaier toegetakel toe hy motordiewe in hul spore probeer stuit het. Die karwag, Piet Swanepoel, vertel: “Dit was so 17:45, Daar was’n rooi voertuig wat in die parkeerterrein gestaan het. Ek het verbygeloop om ‘n kaartjie by ‘n ander …
VEREENIGING. – ‘n 67-Jarige karwag by die Checkers Hyper in Arcon Park is Vrydagmiddag met ‘n skroewedraaier toegetakel toe hy motordiewe in hul spore probeer stuit het.
Die karwag, Piet Swanepoel, vertel: “Dit was so 17:45, Daar was’n rooi voertuig wat in die parkeerterrein gestaan het. Ek het verbygeloop om ‘n kaartjie by ‘n ander kar op te tel en toe ek omdraai sien ek ‘n verdagte man wat in die rooi kar sit en dit aan die gang probeer kry.
“Ek het nader gehardloop en die man uit die kar gepluk. Dit was toe wat hy my met die skroewdraaier aangeval het.”
Volgens Swanepoel het die man vir sy hart gemik maar danksy ‘n vinnig refleksreaksie kon hy die aaanval afweer. Die skroewedraaier het in die proses sy arm oopgekloof.
Volgens Swanepoel het die verdagtes die rooi voertuig net so gelos en met ‘n swart Toyota Yaris op die vlug geslaan. Swanepoel sê hy kon daarin slaag om duike in die Yaris se bestuurdersdeur te skop voordat hulle op die vlug geslaan het.
Hy het gehoop dat dit die polisie kan help om die voertuig wat deur die verdagtes gebruik is makliker op te spoor.
*Hierdie is slegs ‘n verkorte weergawe van die berig. Volledige storie in volgende week se koerant.

