NationalNews

Na aanval hou boervrou met vuurwapen wag terwyl haar man werk

Hartroerende toneeltjie van hoe dit deesdae op ons land se plase gaan

 

Die foto van ‘n bejaarde vrou wat met ‘n vuurwapen oor die skouer langs haar hondjies en ‘n piekniekmandjie sit, lyk na ‘n onskuldige uitstappie skietbaan toe. Daar is egter ‘n storie agter die foto.
Dit is vroeër die week deur mnr. Japie Smit op Facebook geplaas en is ‘n foto van een van sy familielede wat twee weke gelede op hul plaas naby Mooi Nooi aangeval is.
Die dame (Vaalweekblad weerhou haar naam en die naam van hul plaas) is tydens die aanval deur twee rowers met ‘n skêr in die rug gesteek, maar sy kon daarin slaag om te vlug. Die wond was gelukkig nie diep nie en haar man is ongedeerd. Intussen moes die lewe aangaan en sy het na die aanval elke dag met die geweer waggehou terwyl haar man sy werk op die plaas doen.
Die plaas was tydens die aanval reeds verkoop en die egpaar is besig om hierdie naweek na ‘n veiliger blyplek te trek. So groet hulle ‘n lewe van trotse, harde werk op hul geliefde plaas omdat dit eenvoudig te onveilig geword het om langer daar te bly.

Vaalweekblad wens hulle alle sterkte toe en hoop hulle sal lewenslank net die mooi herinneringe oor hul lewe op die plaas met hulle saamdra en die lelik vergeet.
Baie sterkte aan al die boere van Suid-Afrika. Julle is elke dag in ons gedagtes en gebede.

Boervrou hou wag na aanval terwyl man werk.

 

*****************************************************************

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button