Dat die fotograwe 'n voorliefde vir die natuur het is duidelik sigbaar aan die pragtige en hoeveelheid foto's wat ingestuur word. Ook baie welkom aan Margaret van Wyngaardt van Vanderbijlpark wat haar eerste foto op die blad deel.
Tanya van Vollenstee van Alberton het die pragtige foto van die jakkalse in Krugerwildtuin geneem.
Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die volgende gedrukte Vaalweekblad verskyn Woensdag, 20 Januarie. Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vorige week op die web verskyn het sal in die uitgawe pronk. Dit sal die 30ste fotoblad wees.
Tanya van Vollenstee van Alberton het die skitterende foto van die spelerige jakkalsies in Krugerwildtuin geneem.Yolandi Botha van Sasolburg het die mooi foto in die Rhino & Lion Nature Reserve geneem.Albertus Kriel van Vereenging het die mooi foto van die Springbokke wat in die gras lê by die Heron Banks Golf Estate in Vaalpark geneem. Albertus neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 083 469 3942.Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die kunstige natuurfoto tydens vakansie in Penang by ‘n “Tropical Spice Garden” geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die pragtige landskapfoto geneem.Carla Pretorius (voormalige joernalis van Vaalweekblad) wat in Kanada woon, het hierdie pragtige foto by die Bridal Falls geneem.Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging, het die pragtige foto in die Krugerwildtuin geneem.Edwin Haasbroek van Anchor Ranch, ‘n plaas tussen Parys en Potchefstroom, het die pragtige foto in Mosselbaai geneem.‘n Kykie deur die oog van ‘n sebra. George Stevens van Vereeniging het die pragtige foto geneem.Hennie Coetsee van Meyerton het die pragtige foto van ‘n naaldekoker geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.Huibrecht Henning van Henley on Klip het die treffende landskapfoto op hul plaas in Henley on Klip geneem.Karin Cronjé van Andorra het die mooi landskapfoto tydens ‘n besoek aan Spanje geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto van die veldblommetjies geneem.Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die pragtige foto in die Marakele Nasionale Park geneem.Margaret van Wyngaardt van die Mantevrede-kleinhoewes in Vanderbijlpark het die mooi foto van ‘n paradysvoël in haar tuin geneem.Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die pragtige foto geneem.Michelle Hart van Sasolburg het die mooi foto geneem.Pieter Moolman van Naboomspruit het die kunstige natuurfoto van ‘n hottentotsgot geneem.Ria Pieterse van Vereeniging het die mooi natuurfoto geneem.Die 13-jarige Simone de Bruin van Vanderbijlpark het die weerligstraal vasgevang.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za