Local newsNewsNews

Opvolg oor Rietspruit-oorstromings

VANDERBIJLPARK. - Tydens gister se pandemonium om 'n gesin te red na die Rietspruit oorstroom en hulle in hul huis vasgekeer was, was nuus soos dit op die toneel gebeur het so gou moontlik aan ons lesers oorgedra. Daar kon later meer ondersoek ingestel word na van die nuus wat op die toneel aan ons korrespondent oorgedra is.

Dit kan nou reggestel word dat die een van reddingswerkers op die toneel aan ons korrespondent gesê het daar ook probleme in Kroonstad was en ‘n damwal iewers gebars het (dit het egter nie ‘n rol gespeel in die oorstromings wat hier ervaar is nie), dit het ongelukkig baie verwarring geskep en Vaalweekblad vra om verskoning daarvoor.

Die Bloemhof Dam was 104% vol en van sy sluise is oopgemaak. Dit het daartoe gelei dat daar ook by die Vaaldam glo vier sluise oopgemaak is. Die Departement van Water en Sanitasie het glo ‘n waarskuwing uitgestuur om mense te waarsku dat dit oorstromings tot gevolg kan hê in sekere gebiede.

 
Vaal Dam 
Percentage:  70.1%
Level:          19.85
Volume:       1825.5
Flow:           17
Rainfall:       60.2
Last update: 16 January 2021
 
Vaal Barrage Dam
Number of gates open: 4
Ave flow, day before (m3/s): 89.250
Min.flow, day before(m3/s): 44.284
Max. flow, day before (m3/s): 180.000
Rainfall, day before (mm): 13.0
Evaporation (mm): 3.0
Conductivity (mS/cm):  27.2
Lethabo River level (m): 2.61
 
 
 
 
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button