Local newsNewsNews

Die mooi en rooi van die lewe

Die fotograwe het vandag 'n skitter-versameling wat die mooi en die rooi van die lewe vasvang opgedis.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die volgende fotoblad in Vaalweekblad verskyn Woensdag, 20 Januarie. Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vorige week op die web verskyn het sal in die uitgawe pronk. Dit sal die 30ste fotoblad wees.

Michelle Hart van Sasolburg het die rooi treffer foto geneem.
Monica Warren (oud-Valie) van Richardsbaai het die pragtige foto geneem.
“The lady in red” – Jacques le Roux van Heidelberg, een van die professionele fotograwe op die blad, het die skitterende foto geneem.
Ronel de Jager van Vanderbijlpark het die kunstige foto van Micaela de Jager in Jeffreysbaai geneem.
Albertus Kriel van Vereenging het die pragtige stillewe foto opgestel en afgeneem. Albertus neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 083 469 3942.
Michelle Bold van Vereeniging het die pragtige sonsondergang foto in Deneysville geneem.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto tydens vakansie in Penang geneem. Sy sê Penang is gevul en bekend vir sy straatkuns soos die.
Ria Viljoen van Garsfontein het die pragtige sonsondergang met diep kleure vasgevang.
Ria Pieterse van Vereeniging het die mooi foto van ‘n Rooikophoutkapper geneem.
Carla Pretorius (voormalige joernalis van Vaalweekblad) wat in Kanada woon, het hierdie pragtige toneel by Mill Lake Park afgeneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die oulie foto geneem. Dricky (Dricky’s Pix) neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.
“Speeltyd” – Susan Erasmus van Barberton het die oulike foto van haar hondekind geneem.
Yolandi Botha van Sasolburg het die mooi natuurfoto in die Rhino & Lion Nature Reserve geneem.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die kunstige natuurfoto tydens vakansie in Penang geneem.
Tanya van Vollenstee van Alberton het die skitterende foto van die Visarend in vlug in Krugerwildtuin geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die pragtige sonsondergang foto tydens vakansie by Tietiesbaai aan die Weskus geneem.
Edwin Haasbroek van Anchor Ranch, ‘n plaas tussen Parys en Potchefstroom, het die pragtige foto in Mosselbaai geneem.
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die sonsondergang foto geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging, het die mooi silhouette foto geneem.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die kunstige natuurfoto tydens vakansie in Penang by ‘n “Tropical Spice Garden” geneem.
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die besondere mooi kleur met sonsondergang vasgevang.
“Die natuur is ‘n wonderlike leermeester” – Christa van Bemmel van Vanderbijlpark het die pragtige foto in die Krugerwildtuin geneem.
Karin Cronjé van Andorra het die skilderagtige foto geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Lizette Khun van Sasolburg het die mooi foto in haar tuin geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button