Local newsNewsNews

Kyk wat is alles op die fotografie-spyskaart

Die talentvolle fotograwe het vandag weer 'n wye verskeidenheid foto's opgedis - daar is dan selfs 'n smaaklike slangetjie op die spyskaart.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 30ste fotoblad het in die week se Vaalweekblad , 20 Januarie, verskyn. Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vorige week op die web verskyn het word gekies om in die koerant te verskyn.

“Smaaklike slangetjie vir ete” – George Stevens van Vereeniging het die pragtige foto in die Rietvlei Natuurreservaat geneem.
Hendrik Grobbelaar van Centurion het die pragtige foto van die sebra-vulltetjie en sy ma in die Rietvlei Natuurreservaat geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi modelfoto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
Jacques le Roux van Heidelberg, een van die professionele fotograwe op die blad, het die kreatiewe monochroom foto geneem.
Jan Putter van Sasolburg het die mooi foto van ‘n naaldekoker in die veld net buite Vaalpark geneem.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die interessante foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige natuurfoto van ‘n sonneblom geneem.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto by die Arinsal Ski Station geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Lizette Khun van Sasolburg het die mooi toneel van die grondpad tussen die groen bome gesien en netjies vasgevang.
“Waarheen is jy so haastig oppad” – Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die mooi foto geneem.
“Breederivier” – Marietjie Barnard van Vereeniging het die pragtige landskapfoto geneem.
Mario Vieira from North Riding took this cute photo of his son Nathan.
Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die mooi foto by Temenos Retreat in die Wes-Kaap geneem.
Michelle Bold van Vereeniging het die pragtige foto langs die viswaters in Deneysville geneem toe die son begin sak.
Michelle Hart van Sasolburg het die mooi foto geneem.
Monica Warren (oud-Valie) van Richardsbaai het die mooi foto geneem.
Nico Potgieter van Vanderbijlpark het die pragtige foto geneem.
Fransie Stevens van Vereeniging het die mooi foto van ‘n Malachite Kingfisher in die Rietvlei Natuurreservaat geneem.
Peet Schabort van Deneysville het die pragtige foto in sy tuin geneem.
Ria Pieterse van Vereeniging het die mooi foto van die olifant wat eerder padlangs wil stap geneem.
Albertus Kriel van Vereenging het die pragtige natuurfoto geneem. Albertus neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 083 469 3942.
Susan Erasmus van Barberton het die mooi foto van die Waterbokke met hul hartjie-neuse geneem.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die pragtige foto by Puteri Harbour geneem.
Yolandi Botha van Sasolburg het die mooi natuurfoto in die Rhino & Lion Nature Reserve geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto op die plaas geneem.
“Die lewe is soms swaar” – Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging, het die mooi straatfotografie foto geneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die oulike foto geneem. Dricky (Dricky’s Pix) neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.
Edwin Haasbroek van Anchor Ranch, ‘n plaas tussen Parys en Potchefstroom, het die pragtige foto in Mosselbaai geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die pragtige natuurfoto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button