Local newsNewsNews
Goeiste, wat groei so groot in my tuin?
Danksy die hewige reënbuie wat die afgelope tyd in die Vaaldriehoek ondervind is, het twee inwoners Vaalweekblad gekontak oor groot paddastoele in hul tuine.
Die twee inwoners is Jakes Fourie van Vereeniging en Willie van Zyl van die Vaalview-kleinhoewes, Vanderbijlpark. Jakes sê hy woon reeds vyf jaar in sy huis in Arconpark en het oor die jare al voorheen paddastoele in sy tuin sien groei, maar dit is die grootste paddastoel wat hy nog daar gesien het. Willie sê op sy beurt dat die paddastoele sommer welig groei op die kleinhoewes na die onlangse reën. Hy het dit toe goed gedink om een van sy teëlhasies as model in te span saam met die mooi paddastoele.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
