Local newsNewsNews

Puik foto’s aan orde van die dag

Vaalweekblad deel met trots nog 'n puik foto-versameling deur die passievolle fotograwe.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 30ste fotoblad het in die week se Vaalweekblad , 20 Januarie, verskyn. Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vorige week op die web verskyn het word gekies om in die koerant gepubliseer te word.

Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die skilderagtige foto tydens ‘n onlangse vakansie in Penang geneem.
Ryno Jacobs van Drie Riviere, Vereeniging het die mooi foto van sy 6-jarige dogtertjie, Amoré, geneem terwyl sy in die swembad baljaar. Dit is die eerste foto wat Ryno op die blad deel.
Albertus Kriel van Vereenging het die pragtige foto geneem. Albertus neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 083 469 3942.
“Almal het soms ‘n hupstoot nodig” – Christa van Bemmel van Vanderbijlpark het die skattige foto in die Krugerwildtuin geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi sonsondergang foto op die plaas geneem.
Carla Pretorius (voormalige joernalis van Vaalweekblad) wat in Kanada woon, het hierdie pragtige toneel by Mill Lake Park afgeneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging, het die mooi foto in Deneysville geneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die mooi modelfoto geneem. Dricky (Dricky’s Pix) neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.
Fransie Stevens van Vereeniging het die pragtige foto van ‘n Malachite Kingfisher in die Rietvlei Natuurreservaat geneem.
George Stevens van Vereeniging het tydens ‘n besoek in Garsfontein die Hottentotsgot raakgesien en dadelik tot aksie oorgegaan om die mooi foto te neem.
Hendrik Grobbelaar van Centurion het die pragtige foto van die swartkopreier in die Rietvlei Natuurreservaat geneem.
Jacques le Roux (Omega Photography) van Heidelberg, een van die professionele fotograwe op die blad, het die kunstige monochroom foto geneem.
Jan Putter van Sasolburg het die oulike foto van die dansende bokserhond geneem.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi natuurfoto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.
June Bartlett van George het die mooi foto geneem. June spesialiseer in kinderfotografie en familiefoto’s. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto op ‘n sneeu-staparoete geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi stillewe foto geneem.
“Skoonma se Tong in blom” – Louise van der Merwe van Vaalpark het die pragtige foto geneem.
Lizette Khun van Sasolburg het die pragtige onsondergang foto in Sasolburg geneem.
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die mooi foto geneem in Walter Sisulu Nasionale Park geneem.
Marietjie Barnard van Vereeniging het die mooi foto geneem.
Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die mooi foto geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die mooi foto geneem.
Ria Pieterse van Vereeniging het die besondere foto van die Blesbok wat huppel en spring in die veld geneem.
Rozan Koen van Vaalpark het die oulike foto geneem.
Yolandi Botha van Sasolburg het die mooi natuurfoto in die Rhino & Lion Nature Reserve geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button