Voertuie bots toe krag afgaan
VEREENIGING. – Die gedurige kragonderbrekings in Drie Riviere, wat deesdae feitlik weekliks gebeur, hou rampspoedige gevolge vir inwoners in. Vanoggend was daar weer ‘n ongeluk op die hoek van Limpopo- en Blackwoodstraat toe die verkeersligte buite werking gelaat is weens die kragonderbreking wat al sedert Donderdagoggend 02:00 duur. Die bestuurder van ’n swart Peugeuot 107 …
VEREENIGING. – Die gedurige kragonderbrekings in Drie Riviere, wat deesdae feitlik weekliks gebeur, hou rampspoedige gevolge vir inwoners in.
Vanoggend was daar weer ‘n ongeluk op die hoek van Limpopo- en Blackwoodstraat toe die verkeersligte buite werking gelaat is weens die kragonderbreking wat al sedert Donderdagoggend 02:00 duur.
Die bestuurder van ’n swart Peugeuot 107 het glo oor die kruising gery sonder om te stop en het toe met ‘n wit Corsa-bakkie, wat besig was om te draai, gebots. Die vrou in die bakkie het geringe beserings opgedoen.
Die man, ‘n inwoner van Germiston, het gesê hy het nie die robot gesien nie.

