Local newsNewsNews

Foto’s vir ‘n lui-lekker Sondag

So op 'n lui-lekker Sondag spog die fotoblad met ses nuwe fotograwe wat vandag vir die eerste keer van hul foto's op die blad deel.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 31ste fotoblad verskyn in die week se Vaalweekblad , 27 Januarie. Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vorige week op die web verskyn het word gekies om in die koerant te verskyn.

Madelein de Jongh van Risiville, Vereeniging, het die mooi foto van haar kat geneem wat lekker ontspan. Dit is die eerste foto wat Madelein na die fotoblad ingestuur het.
Johann Pretorius van Oranjeville het die treffende foto in Umhlanga geneem. Dit is die eerste foto wat Johann op die blad deel.
Chantené van Rensburg het die mooi foto by Stormsrivier Avonture geneem.
Johan Goosen van Vanderbijlpark het die pragtige sonsondergang foto geneem. Dit is die eerste foto wat Johan op die blad deel.
Magda Stapelberg van Vereeniging het die mooi foto van ‘n duisendpoot in haar tuin geneem. Dit is die eerste foto wat Magda op die blad deel.
Marlene Kleynhans van Vanderbijlpark het die mooi foto in Durban-hawe geneem. Dit is die eerste foto wat Marlene op die blad deel.
“Oogkontak” – Tanya van Vollenstee van Alberton het die pragtige foto in Krugerwildtuin geneem.
Marietjie Barnard van Vereeniging het die mooi foto in Knysna geneem.
Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die mooi foto by Temenos Retreat in die Wes-Kaap geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die mooi makro foto van ‘n spinnekop geneem.
Monica Warren (oud-Valie) van Richardsbaai het die pragtige landskapfoto geneem.
Pieter Moolman van Naboomspruit het die besondere foto van ‘n Troupant geneem.
Ria Pieterse van Vereeniging het die mooi sonsopkoms foto tussen Vereeniging en Heidelberg geneem.
Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto van die Laeveld se mooi wolke in Schoemanskloof geneem.
Rika van der Walt (oud-Valie) van Ellisras het die pragtige foto van die renoster met haar kalf geneem.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die pragtige foto by ‘n Tropical Spice Garden in Penang geneem.
Susan Erasmus van Barberton het die mooi foto van die leeuwyfie in die Krugerwildtuin geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto geneem.
Yolandi Botha van Sasolburg het die mooi natuurfoto in die Rhino & Lion Nature Reserve geneem.
Buané Cordier (13) van Vanderbijlpark is tans die jongste lid op die blad en het die pragtige sonsondergang foto geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die pragtige foto geneem. Albertus neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 083 469 3942.
“O gaats, daar trek my kolf” – Chris Gouws van Vanderbijpark het die mooi aksie foto geneem.
Fransie Stevens van Vereeniging het die pragtige foto van ‘n bosbokkie by Krokodilbrug in die Krugerwildtuin geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging, het die mooi straatfotografie foto geneem.
George Stevens van Vereeniging het die pragtige foto van ‘n Bontvisvanger in vlug by die Marievale-voëlreservaat geneem.
“Platberg” – Hendrik Grobbelaar van Centurion het die pragtige landskapfoto in Harrismith geneem.
Jacques le Roux van Heidelberg, een van die professionele fotograwe op die blad, het die mooi foto geneem.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto by Lake Engolasters geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige foto geneem.
Lizette Khun van Sasolburg het die mooi landskapfoto geneem.
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die mooi foto in die Rietvlei Natuurreservaat geneem.
Lydia Wolmarans het die mooi foto van ‘n spinnekopweb in die veld geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button