Soektog na hond wat glo in drein vasgekeer is
VANDERBIJLPARK. – Die Dierebeskermingsvereniging van Vereeniging en Vanderbijlpark het die publiek gevra om op die uitkyk te wees vir ’n hond wat glo in die dreine onder Vanderbijlpark vasgekeer is. Volgens die DBV het ’n lid van die publiek verlede week inspekteure ingelig dat daar ’n hond in ’n drein by Westinghouse Boulevard vasgekeer is. …
VANDERBIJLPARK. – Die Dierebeskermingsvereniging van Vereeniging en Vanderbijlpark het die publiek gevra om op die uitkyk te wees vir ’n hond wat glo in die dreine onder Vanderbijlpark vasgekeer is.
Volgens die DBV het ’n lid van die publiek verlede week inspekteure ingelig dat daar ’n hond in ’n drein by Westinghouse Boulevard vasgekeer is.
Blykbaar is die hond al vir weke lank in die omgewing en daar word vermoed dat die dier vvasgekeer is.
DBV inspekteure Cherise Vermaak en Elouse Carelsen het vir die hond gaan soek en het ure spandeer om die hond te red. Die hond het egter ontsnap en weggehardloop.
Hulle het na die tyd vir die hond gaan soek maar kon nie die dier opspoor nie.
Die DBV het ’n beroep op lede van die publiek gedoen om op die uitkyk te wees vir die hond. Die dier is glo baie skrikkerig.
Indien jy die hond gewaar skakel onmiddelik die DBV by (016) 422 1505.



