Akwatiese indringerplant in Vaalrivier gemerk
VEREENIGING. – Te oordeel aan foto’s wat lesers onlangs ingestuur het is die groen drywende plante wat op die oppervlak van die Vaalrivier verskyn het die akwatiese indringerplant Pistia stratiotes. Die plante is veral sigbaar in die gedeelte van die Vaalrivier tussen waar die Suikerbosrandrivier en die Kliprivier met die Vaalrivier aansluit en het die …
VEREENIGING. – Te oordeel aan foto’s wat lesers onlangs ingestuur het is die groen drywende plante wat op die oppervlak van die Vaalrivier verskyn het die akwatiese indringerplant Pistia stratiotes.
Die plante is veral sigbaar in die gedeelte van die Vaalrivier tussen waar die Suikerbosrandrivier en die Kliprivier met die Vaalrivier aansluit en het die afgelope paar dae inwoners aan die gons.
Prof Sanet Janse van Vuuren van Noordwes Universiteit se Plantkundedepartement fokus meerendeels op die gebied van alge maar kon bevestig dat die plant op die naby foto beslis die akwatiese indringerplant Pista stratiotes is.
Sy kon egter nie die plante op die veraf foto (vermoedelik dieselfde plant) uitmaak nie
Volgens Janse van Vuuren is Pista stratiotes ’n baie ernstige indringerplant (soos die waterhiasint) wat baie maklik kan floreer en ‘n hele riviersisteem kan oorneem.
Sy meen die feit dat dit so”skielik” verskyn het is moontlik as gevolg van die goeie reen en vrylating van water vanuit damme stroom-op. Dit is uit die aard van die saak moeilik om te sê waar die plante vandaan kom.