Vaaldam: Sluise word Donderdag oopgedraai
DENEYSVILLE. – Die Departement van Water en Sanitasie sê hy sal op Donderdag 11 Februarie 2021 water uit die Vaaldam begin vrystel weens ‘n sterk invloei vanuit die Bo-Vaal wat vinnig besig is om die Vaaldam te vul. Die sterk invloei van water en weervoorspellings wat nog reën voorspel het glo tot dié besluit bygedra. …
DENEYSVILLE. – Die Departement van Water en Sanitasie sê hy sal op Donderdag 11 Februarie 2021 water uit die Vaaldam begin vrystel weens ‘n sterk invloei vanuit die Bo-Vaal wat vinnig besig is om die Vaaldam te vul. Die sterk invloei van water en weervoorspellings wat nog reën voorspel het glo tot dié besluit bygedra.
Volgens die departement sal daar aanvanklik drie sluise opgedraai word maar die moontlikheid bestaan weld at vier sluise oopgedraai kan word.
Die Vaaldam het Woensdagoggend 10 Februarie reeds die 100% -punt kerf verbygesteek (volgens die laaste syfers was die dam 103,5% vol) en met die weerstelsel wat tans oor die Mosambiekse kanaal hang is daar die moontlikheid van meer reën.

