Local newsNationalNewsNews

Vaaldam: Nog sluise oopgetrek

Die Department van Waterwese en Sanitasie gaan nog twee van die Vaaldam se sluise ooptrek.

Die nuus volg nadat drie van die dam se sluise reeds Donderdag 11 Februarie oopgemaak is.
 
Volgens Sputnik Ratau, ‘n woordvoerder vir die departement van Water en Sanitasie, is daar aanvanklik besluit op drie sluise maar die nuutste analise wat gedoen is toon dat daar ‘n noodsaaklikheid is om nog twee sluise oop te maak.
 
Die water word na die Bloemhof Dam gestuur aangesien meer reën verwag word.
 
Een van die sluise sou om 10:00 op Vrydag 12 Februarie oopgetrek word en die tweede een teen 12:00.
 
Die totale uitvloei word op ‘n veilige 649m3/s geraam..
 
Sien video hier:
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button