Local newsNationalNewsNews

Betogings op Ou Johannesburgweg (R82)

EIKENHOF. – Die Johannesburgse-metropolisie sê hulle monitor die situasie op Ou Johannesburgweg waar ’n groep betogers nou al vir twee dae probeer om die pad met klippe en brandende bande te versper.

Die betogers is Sondag (21 Februarie) deur die metropolisie uiteengejaag toe hulle probeer het om die pad te versper.

Talle motoriste gebruik die pad om tussen Johannesburg en Vereeniging te ry.

Volgens supt. Wayne Minnaar, ‘n woordvoerder vir die Johannesburgse-metropolisie, betoog die mense omdat onwettige strukture onlangs by die Jackson informele nedersettingnaby die R82 afgebreek en weggery is.

Minnaar sê die metropolisie en polisie monitor die situasie en is reg om in te gryp wanneer dit nodig is.

‘n Lugfoto van bande wat op die R82 brand. Die foto is Sondag geneem en op die Facebook-groep Suburban Control Centrel gedeel. Foto: Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button