Local newsNationalNewsNews

Hengelaar steeds vermis sedert naweek

ORANJEVILLE. - Daar word steeds gesoek na Pieter Wilders (30) van Kemptonpark, wat vermis geraak het tydens ’n besoek aan die Vaaldam die naweek.

Pieter se ouma, Alet Joubert, wat in Oranjeville woon en by wie Pieter gaan kuier het, vertel dat Pieter Saterdagmiddag met visstokke op sy boot geklim om vis te gaan vang.

Nadat hy nie teruggekeer het nie is daar na hom begin gesoek.

Die boot is later die aand op die water gevind met ’n kospakkie en selfoon nog daar binne.

Die boot het geen skade aan nie. Volgens Joubert is haar kleinseun reeds as vermis by die polisie aangemeld en soek hulle sedert die naweek na hom.

Pieter het glo ’n oorpak gedra toe hy die laaste keer gesien is.

Hy is lank van postuur en het rooi hare.

‘n Vriendin van Joubert, Linda Landman, het Dinsdagoggend aan Vaalweekblad vertel dat Pieter teen Maandagaand 18:00 steeds nie gevind is nie.

Vaalweekblad kon nie Dinsdagoggend vir Joubert in die hande kry nie. Mense met inligting kan Landman by 081 487 1116 of Joubert by 081 266 5203 skakel.  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button