Local newsNewsNews

Fotoblad: Troeteldiere en plekke

Vandag fokus ons op twee dinge in die lewe wat die mens vreugde verskaf: troeteldiere en om mooi plekke te besoek. Vier nuwe fotograwe deel ook vandag vir die eerste keer foto's op die blad. Welkom aan Nicky Janse van Vuuren, Ria Roux, Annelien Scheepers en Dian de Jong.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 36ste fotoblad het in die week se uitgawe van Vaalweekblad, 3 Maart, verskyn. Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vorige week op die web verskyn het word gekies om in die koerant te verskyn.

Michelle Hart van Sasolburg het die kunstige foto van haar swart kat geneem.
Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die mooi landskapfoto geneem.
“Shadow” – Nicky Janse van Vuuren, professionele fotograaf van Vanderbijlpark, het die mooi foto geneem. Dit is die eerste foto wat Nicky op die blad deel.
Michelle Hart van Sasolburg het die kunstige foto geneem.
“Harley” – Monica Warren (oud-Valie) van Richardsbaai het die mooi foto van haar oulike hondekind geneem.
Ria Roux van Vanderbijpark het die mooi foto van die besondere wolke geneem. Dit is die eerste foto wat Ria op die blad deel.
Sheron Nienaber van Vanderbijlpark het die mooi foto teen skemer geneem.
“Sugar” – Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto van haar kat op die rak geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto in Parys geneem. Albertus neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 083 469 3942.
Annelien Scheepers van Vereeniging het die oulike foto van Angel, ‘n 8 maande oue worshondjie.
Bennie Henning van Germiston het die pragtige foto in Meyersdal geneem.
“Baas van die plaas” – Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto op Riversong-plaas geneem.
Simoné de Bruin (13) van Vanderbijlpark het die pragtige foto geneem.
“Snowflake” – Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die oulike foto van haar kat geneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem. Dricky (Dricky’s Pix) neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto tydens ‘n uitstappie in die Madriu-Perafita-Claror vallei, Andorra geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto geneem.
Buané Cordier (14) van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.
Dian de Jong van Risiville het die mooi foto van sy kat Tipsy geneem. Dit is die eerste foto wat Dian op die blad deel.
George Stevens van Vereeniging het die pragtige foto van die volmaan in Ballito geneem.
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto geneem.
Lizette Khun van Sasolburg het die mooi foto tydens ‘n uitstappie na Vaal Marina geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto van sy wolfhond geneem.
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die mooi foto in die Jakarandastad geneem.
“Blue” – Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die foto van die pragtige siamese kat geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button