Local newsNationalNewsNews

Klas van 2020 is Dokkieland se trots

MEYERTON. – Die Hoërskool Dr. Malan se matrieks het ten spyte van ’n uitdagende jaar baie goeie uitslae in verlede jaar se nasionale seniorsertifikaateksamen behaal.

Die hoof, mnr. Rossie Briers, skryf: “Ondanks ’n jaar vol struikelblokke en hope stres, spreek Dr Malan, Klas van 2020, se uitslae van deursettingsvermoeë en uitsonderlike harde werk!”

Megan van Heerden, Hoërskool Dr. Malan se topmatrikulant van 2020, het altesaam sewe onderskeidings behaal. Foto: Verskaf

“Ons ouers, leerders en puik personeel het hande gevat, hard gewerk en deurgedruk. En die uitslag: UITMUNTENDE MATRIEKUITSLAE!”

“Die matrieks van 2020 spog met 196 welverdiende vakonderskeidings, 14 van ons 17 vakke behaal ’n 100% slaagsyfer en 98.9% van hierdie uitslae voldoen aan tersiêre studievereistes.”

“Ons kan met trots sê dat 83.2% van ons leerders spog met universiteitsvrystelling!”

Leerlinge van die Hoërskool Dr. Malan wat 6 onderskeidings in 2020 se nasionale seniorsertifikaateksamen behaal het. Foto: Vaalweekblad

“Ons is trots op elke matrikulant en staan nederig voor ons Hemelse Vader vir ons kinders, ons ervare entoesiastiese personeel en ons wonderlike Dokkie-gemeenskap.”

“Hierdie rolspelers se volgehoue ondersteuning, versterk ons hande en bind ons saam om van krag-tot-krag ‘n blink toekoms vir ons leerders te bou. Ons Dokkie-leerders laat my hart warm klop.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button