Local newsNationalNewsNews

Sedibeng-distriksmunisipaliteit steeds burgemeesterloos nadat vergadering verdaag

VEREENIGING. – ’n Spesiale raadsvergadering van die Sedibeng-distriksmunisipaliteit is vanoggend verdaag sonder dat ’n nuwe burgemeester verkies is.

Die verkiesing van ‘n nuwe burgemeester was die enigste punt wat op die agenda aangedui is maar die raadsvergadering moes weens prosedurele redes uitgestel word.

Die verkiesing van ‘n nuwe burgemeester was die enigste item op die agenda. Foto: Verskaf

Alan Mchloughlin, DA-raadslid en regsgeleerde, het intussen aan Vaalweekblad verduidelik dat hoewel die verkiesing van ‘n burgemeester wel op ‘n spesiale raadsvergadering mag plaasvind, nuwe raadslede eers ingesweer moet word en dat dit nie op ‘n spesiale raadsvergadering mag plaasvind nie maar by ‘n gewone raadsvergadering.

Dit was ‘n probleem aangesien die ANC se plan was om die vorige Burgemeester van Lesedi,  Lerato Maloka, vandag as burgemeester van Sedibeng in te huldig.

Die proses om iemand van buite die instansie in te bring om die leisels oor te neem staan bekend as “parachuting”.

Benewens dit was daar nie ‘n item op die agenda om nuwe raadslede in te sweer voordat hulle die burgemeester verkies nie.

Die burgemeester van die Lesedi Plaaslike Munisipaliteit in Heidelberg, Lerato Maloka, is glo reeds deur die ANC geoormerk as die nuwe burgemeester van die Sedibeng-distriksmunisipaliteit. Photo: Christiaan Cloete

Mchloughlin moes die relevante wette en bywette fisies vir die vergadering voorlees waarna ‘n verslae Speaker die sitting gekanselleer het.

Die Sedibeng-distriksmunisipaliteit het vir die afgelope twee maande nie gewone raadsverhadering gehou nie.

‘n Nuwe normale raadsvergadering is vir Vrydagoggend belê,

Die speaker, Andiswa Mosai, was verslae. Foto: Verskaf

Die DA se sweep, Simon Mollo, het sy party se wantroue en skok uitgespreek dat so ‘n basiese wet nie gevolg kan word nie en dat raadslede se tyd so gemors kan word.  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button