Local newsNewsNews

‘Johan weet nou van Nathan’

VANDERBIJLPARK. - "Johan weet nou van Nathan se dood. My tannie Catherina het hom gister gesê en Johan is okay," het Bianca Venter, familie-woordvoerder vir die Hebler-gesin van Vanderbijlpark gesê.

“My oom is uiteindelik gister van die ventilator afgehaal. Hy praat self en hy het vir sop gevra om te eet. Dit gaan sommer baie beter met hom en ons is verheug,” sê Bianca.  Dit was kort nadat Johan (52) van die ventilator afgehaal is, dat sy vrou Catherina met hom oor hul seuns se dood gepraat het. Hulle dink hy het dit vermoed en dat sy net  bevestiging aan hom gegee het.

Johan was reeds meer as ‘n maand na die tragiese skietvoorval waartydens die 18-jarige Nathan Hebler noodlottig buite die Slap Chips wegneemete-winkel gewond is in die hospitaal. Hy was vir ‘n geruime tyd nadat hy in die Netcare Unie-hospitaal in Alberton opgeneem is, in ‘n mediese koma, waarna hy mettertyd stadig wakker gemaak is.

“Ons hoop dat my oom vandag na ‘n versongingsentrum oorgeplaas kan word. Ons wil nou net hê hy moet nog beter word sodat hy kan huistoe kom,” sluit Bianca af.

Die Hebler-gesin van Vanderbijlpark in gelukkiger tye voordat Nathan noodlottig gewond is. Van links is kleinboet Jeandré, wyle Nathan, pa Johan en ma Catherina.

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button