Local newsNationalNewsNews
Maloka nou Sedibeng-distriksmunispaliteit se burgemeester
VEREENIGING. – Die voormalige burgemeester van die Lesedi-munisipaliteit in Heidelberg, Lerato Maloka, is Vrydagoggend as die nuwe burgemeester van die Sedibeng Distriksmunisipaliteit verkies tydens ’n gewone raadsvergadering van die Sedibeng-distriksmunisipaliteit by die Vereeniging-stadsaal.

Maloka neem oor by die voormalige burgemeester Busisiwe Modisakeng wat in Januarie vanjaar aan Covid-19-verwante komplikasies dood is.

Na ‘n ontstuimige oggend in die raadsaal waartydens veral die EFF talle besware geopper het, het die lang uitgerekte proses van stemmery begin.
Die onafhanklike verkiesingskommissie het oorsig oor die stemmery gehou.
Maloka het 26 uit die 42 stemme gekry.
Na die tyd is sy ingesweer.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
