NewsNewsSportSport

Spog-atletiek op DP

SASOLBURG. - Met sowat 850 inskrywings van regoor die land, het Atletiek Vaaldriehoek se derde klubligabyeenkoms Saterdag op die DP de Villiers-stadion skitterende atletiek opgelewer.

Met atlete van Menlopark, Affies, Tukkies, Grey, UJ, Kovsies en Waterkloof om maar net van die verteenwoordigende skole te noem, was eerste plekke so skaars soos hoendertande, maar die atlete van die Vaaldriehoek het nie ‘n aks teruggestaan nie.
Divan Booyens van Blue Runnings Atletiekklub in Meyerton in aksie in die 400m hekkies vir o.18’s.
Maritske Rautenbach van Blue Runnings Atletiekklub seil oor die hekkies.

Die plaaslike atlete wat eerste en tweede plekke verwerf het, is: Markus van der Vyver (Blue Runnings: silwermedalje – 5000m s.o/18: 17:22.93), Benaldi Coetzee (Transvalia Atletiekklub: goue – medalje: verspring d.o/16 – 5.00m), Julienne Strydom (Blue Runnings: silwer – verspring d.o/18: 5.29m), Adriaan Bekker (Blue Runnings: silwer: 3000m s.o/16: 10:18.54), Juanita de Necker (Nedbank: goue medalje: diskus o.20 – 48.55m; silwer – hamer: 31.14m), Mieke Smit (Nedbank: goud: 3000m d.o/18 – 10:51.00), PC de Meyer (Blue Runnings: silwer – gewigstoot s.o/18 – 15.15m), Aiden Jacobs (Transvalia Atletiekklub (TAC): silwer – 300m hekkies s.o/16 – 39.90s, silwer 100m hekkies – 13.86s), Ethan Olivier (Nedbank: goud – driesprong: s.o/18 – 15.12m), Marco Pretorius (TAC: goud: diskus s.o/18 – 52.51m), Marco Strydom (TAC: silwer – diskus s.o/18 – 47.38m), Waldt Dreyer (TAC: silwer: diskus o.20 – 46.64m), Marco van Tromp (Blue Runnings: silwer – 800m s.o/18 – 1:57.83), Zander de Beer (Blue Runnings: goud – verspring o.20 – 7.07m), Edrich Wenhold (Nedbank: silwer: verspring o.20 – 6.35m), Timothy Colby (TAC: goud – hoogspring s.o/20 – 1.79m), Tenika Smith (Nedbank: goud – driesprong d.o/18 – 11.27m), Julienne Strydom (Blue Runnings: silwer – driesprong d.o/18 – 10.91m), Danzelle Marx (Blue Runnings: goud – hamer d.o/18 – 41.19m) en Marli Dimond (Nedbank: silwer – 1500m d.o/16- 04:52.05).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button