NewsSponsored

Pasop vir dié nuwe slenter!

"Hulle het dit in die laaste twee weke al met vier voertuie gedoen - waarvan ek weet."

Anoniem van Vanderbijlpark skryf:

Hi almal. Ek wil almal se aandag daarop vestig, veral dié wat moontlik in die area kom koop, dat Nigeriese drug dealers en hulle meelopers besig is met ‘n nuwe slenter om motoriste in Bequerelstraat, Vanderbijlpark, uit hul geld te swendel.

As jy hier in die parkeerterrein of in die parkeerplekke langs die straat parkeer, stop hulle met ‘n voertuig agter jou. Wanneer jy dan agteruit ry, maak hulle asof jy hul voertuig gestamp het en dring daarop aan dat jy vir hulle geld moet gee of dreig om jou aan te rand.

Hulle het dit in die laaste twee weke al met vier voertuie gedoen – waarvan ek weet. Hulle is baie aggressief en dreigend. Die polisie doen net mooi niks daaraan nie, al is hulle gekontak daaroor! Wees versigtig asseblief.

* Vaalweekblad sal dit ook weer namens die besorgde leser onder die aandag van die Vanderbijlpark-polisie bring.

***********************************************************************************************

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button