SportSport

Springbokke jaag rekords in VSA

Wil toetsreeks teen Nieu-Seeland beklink.

Rassie Erasmus se Springbokke tree Saterdag in Baltimore, Amerika in die vierde en beslissende toets van rugby se grootste toetsreeks teen die All Blacks aan, met verskeie rekords en mylpale op die spel. Die Bokke loop 2-1 voor in die reeks.

Die hemelbesem Eben Etzebeth sal sy rekord as die speler met die meeste toetse vir die Springbokke verder na 146-toetsverskynings laat aanskuif wanneer hy uitdraf. Jasper Wiese het op sy beurt nog net een verskyning ná Saterdag nodig om sy 50ste toets vir Suid-Afrika te speel. Hy was verlede week op die FNB-stadion een van die uitblinkers vir die Springbokke.

Die Springbok-lostrio Siya Kolisi, Pieter-Steph du Toit en Wiese sal ook hul rekord verder uitbrei. Saterdag sal hul 19de toets as ’n eenheid wees, nadat hulle verlede week die vorige rekord van Francois Louw, Willem Alberts en Duane Vermeulen van 17-verskynings verbysteek het.

Dit sal die eerste keer wees dat die Springbokke ’n toets in Baltimore speel. Suid-Afrika het tot dusver net drie toetse in die VSA gespeel, met oorwinnings oor die VSA in 1981 en 2001, en ’n 22-20-nederlaag teen Wallis in Washington in 2018. Dit was Rassie Erasmus se eerste toets as Springbok-afrigter. Sedertdien het hy van krag tot krag gegaan.

Die Bokke het sedert Augustus 2023 sewe van hul laaste nege toetse teen die All Blacks gewen en sal wil voortbou op die spogrekord.

Die Suid-Afrikaanse beginspan vir Saterdah het saam 927 toetse gespeel, met 600 onder die voorspelers en 327 in die agterlyn. Die plaasvervangers voeg nog 277 toetse by.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button