Local newsNews
Leer meer oor houtkappers of dan spegte
Almal is welkom om die Vaalvoëlklub se maandelikse byeenkoms by te woon. Toegang is gratis.
VANDERBIJLPARK – Die Vaalvoëlklub gaan die nuwe seisoen op ʼn hoë noot in. Maandag, 14 September het hul ʼn interessante bespreking onder leiding van Dawie Kleynhans oor “Die wonderwêreld van spegte/ The wonderful world of woodpeckers”.
Die vergadering begin om 19:00 in die saal by die Palms Aftreeoord te 11 Vaalrylaan, Sylviavale AH, Vanderbijlpark. Almal is welkom.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
