Leeb (142) het met rondtes van 69 en 73 die o.19-afdeling gewen en is ook as die algehele kampioen gekroon.

Sy spanmaat, Damian Araujo (Heron Banks GC: 147) was die toonbeeld van konstantheid en het met rondtes van 74 en 73 in Leeb se nek geblaas om algeheel tweede en eerste in die o.17-afdeling te eindig.
Dokkies se Stefan Janse van Vuuren (73 en 77) het tweede in die o.19-afdeling en vierde algeheel geëindig. Valia se Martin Papworth (Heron Banks: 76 en 80) het derde in die afdeling vir o.19’s en sesde algeheel geëindig.

Nog ‘n belowende Valia-speler, Anton van Dam (Heron Banks GC) het algeheel 9de en derde in die o.17-afdeling geëindig. Die Valia-groentjie, Wihandré Kruger (77 en 80) het met twee goeie rondtes algeheel sewende en tweede in die afdeling vir o.15’s geëindig. Sy spanmaat, Christopher Smith (Heron Banks: 84 en 87) het algeheel 16de en derde in die afdeling vir o.15’s geëindig. * SA Kids Golf was Sondag ook op Heron Banks in aksie. Die uitslae van dié toernooi was teen druktyd nog nie beskikbaar nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
