Local newsNationalNewsNews
Adjunkpresident gevra om Emfuleni tot rampgebied te verklaar
VEREENIGING. – Die DA se streeksvoorsitter in die Vaaldriehoek, Dennis Ryder, het die adjunkpresident, David Mabuza, tydens ’n sitting van nasionale raad van provinsies verlede week gevra om die Vaaldriehoek tot rampgebied te verklaar.
Ryder het die adjunkpresident gevra om daarop te let dat riool in die strate, in mense se huise, in winkelsentrums en kantore in vloei.


Ryder meen dat die toepaslike optrede slegs dan geneem kan word om die lewens van die mense in die omgewing, sowel as die omgewing, te red.

Ryder se versoek volg op sy vraag aan die adjunkpresident na aanleiding van korrespondensie tussen hulle oor die gebrek aan dienslewering weens die ineenstorting van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit.
Kyk video hier:
Nog ‘n video hier:
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
