Local newsNewsNews

Kommentaar

Vaalweekblad was net so verlig en verheug om te sien hoeveel moeite die plaaslike skole gedoen het om Maandag hulle leerlinge, veilig terug te verwelkom het.

Wel gedaan hoofde, onderwysers en ander personeellede – ek lig my hoed vir julle!
Ek weet daar is baie ouers wat baie bekommerd was of die skole regtig gereed is hiervoor, maar die wyse wat die situasie hanteer word om ‘n “nuwe normaal” by skole te bewerkstellig het baie ouers beslis meer gemoedsrus gegee.
Dit is baie belangrik dat die hele skooljaar nie ‘n groot mislukking word nie.
Die mensdom het al telkens gewys hoe hy kan aanpas om te oorleef, en die skole is ‘n goeie bewys hiervan. Dit sal egter ook ongelukkig so wees dat die sukses hiervan nie by alle skole dieselfde sal wees nie.
Dit is hier waar onderwysers en ouers se gesindheid ‘n groot rol sal speel. As jou kind nie by sy ouerhuis aangemoedig word om veiligheidsmaatreëls te volg, asook die erns van die pandemie te verstaan nie, sal hy waarskynlik die “vrot appel in die mandjie” word wat ander kinders sal beïnvloed.
Dit is nou belangriker as ooit dat ‘n gemeenskap moet kan saamwerk.
Die belangrikheid van die onderwys word ook hoog geag deur Solidariteit. Hulle veg nou vir die opening van privaat kleuterskole en dagsorgsentrums.
Dit is beslis verregaande dat departementele kleuterskole mag oopmaak, maar dat die privaat eweknie nie mag nie. Maar ek is nie seker hoeveel ouers graag hul kosbare kleingoed so gou sal laat terugkeer nie. Miskien is daar ouers wat dit noodsaaklik vind, maar vir ander wat nog ‘n ander opsie het sal die besluit seker moeiliker wees.
Dit is egter belangrik dat kinders gesond moet kan voortgaan om te leer en te ontwikkel. Voorts is kleuterskole en dagsorgsentrums ook besighede wat moet oorleef.
Sterkte aan al die ouers wat moeilike besluite moet neem, asook besighede wat veg om kop bo water te hou.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button