Local newsNewsNews

Twee studenteleiers van NWU geskors

Twee NWU studenteraadslede geskors, blykbaar oor bedrog met privaat studentebehuising in Vanderbijlpark.

VANDERBIJLPARK. – Twee studente van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Vanderbijlpark Kampusstudenteraad is na ‘n interne dissiplinêre verhoor geskors.

Volgens ‘n woordvoerder van die NWU het die twee studente se optrede in Februarie vanjaar die universiteit se naam in oneer gebring. Albei se skorsing is dadelik van krag, maar hulle het die reg om appèl aan te teken.

Die universiteit hoop om die proses so gou moontlik af te handel. Uit ‘n ander bron is verneem dat die twee blykbaar privaat huiseienaars onder die wanindruk gebring het dat hulle beheer het oor die akkreditasie van privaat wonings vir studentebehuising.

Die huiseienaars moes hulle dan ‘n fooi betaal om geakkrediteer te kon word. Blykbaar is daar bewyse waar die inbetalings gedoen is en wanneer dit deur die studente onttrek is. Die ontstoke huiseienaars het die saak onder die universiteit se aandag gebring.

Daar kan nog nie met sekerheid gesê word of die twee ook krimineel aangekla gaan word nie. Die geskorste studente se name is bekend aan Vaalweekblad, maar kan nie geplaas word alvorens die saak nie heeltemal afgehandel is nie.

Omdat die registrasie van studente nog aan die gang is, sal daar nie dadelik ‘n tussenverkiesing gehou kan word om die vakante poste op die Kampusstudenteraad en die Verteenwoordigende Studenteraad (VSR) te vul nie. Ander SR lede sal tydelik instaan om die vakante posisies te vul.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button