NewsNews

Vaal se jongste rock-groep mik vir Guinness-wêreldtitel

VEREENIGING. - Die Vaaldriehoek spog al met twee Guinness-wêreldtitels:

Mnr. Johan van Rooyen, ‘n sakeman van Meyerton, sê dat die orkes 4-Eva Young sy ontstaan gehad het toe sy seun, Johan junior, en Caitie Rock saam aan die Spur Singing Stars-kompetisie deelgeneem het.
Caitie Rock (10), sangeres.
Hulle het uitstekend gevaar en deurgedring na die semifinale. Hoewel hulle nie gewen het nie, was dit vir almal duidelik dat dié twee hope talent het.
Een van hul grootste drome was om ‘n duet saam te sing en te laat opneem. So het die twee saam begin oefen onder leiding van me. Xandra Janse van Vuuren.
Die Van Rooyens en Rocks het saamgespan en vir Drickus Bezuidenhout van Merge Music Production in Drie Riviere genader om die opname te maak. Kobus Henning van KH Productions het die video vervaardig. Die resultaat is ‘n asemrowende mooi lied, You are the Reason, wat musiekkenners in vervoering het oor die volwassenheid van die talentvolle sangers se stemme.
Zandri Bezuidenhout (9) op die dromme.
“Met die opname het ons Drikus se dogter, Zandri ontmoet. Al was sy toe nog net 8 jaar oud, het sy vir ons ‘n vertoning op dromme gegee wat skrik vir niks!
“Dis toe dat ons besef het dat dromme en ‘n baskitaar die nuwe lied, Sunny Day, wat Drikus vir Johan en Caitie geskryf het, sal vervolmaak.
Ons het reeds twee uitstekende sangers en ‘n talentvolle dromspeler gehad – al wat ontbreek het om ‘n volle orkes saam te stel, was ‘n baskitaarspeler. Ons hoor toe van die baie musikale Reuben Herbst wat die baskitaar in twee weke bemeester het. Toe ons ons oë uitvee, het ons ‘n baie professionele band wat deur Coastal Radio geborg word en deur Drickus afgerig word,” vertel Johan senior.
Reuben Herbst (9), baskitaarspeler.
Die nuwe liedjie, Sunny Day, word binnekort met die volle orkes opgeneem.
Die orkeslede oefen twee keer per week saam en geniet elke oomblik daarvan. Die vier het sommer dadelik gekliek.
Die lede is bloedjonk: Johan is 11, Caitie 10, Reuben 9, en Zandri het die afgelope naweek ook 9 geword. Omdat die orkeslede so jonk is, is hul naam, 4-Eva Young, heel gepas, asook omdat hulle vier lede in die band is.
Johan van Rooyen (11), sanger en kitaarspeler.
“Ons het nou aansoek by Guinness World Book of Records gedoen om 4-Eva Young te lys as die Youngest Professional Band. Dit sal seker ‘n paar weke neem voor ons iets van hulle hoor,” sê Johan.
Die orkes het twee weke gelede by Klipdraai-woonwapark opgetree en was ‘n groot gunsteling onder die gehoor. Komende naweek tree hulle op as voorsangers vir Demi Lee in Rysmierbult en op 3 April in Koppies.
Hou hierdie spannetjie van die Vaaldriehoek dop… ons gaan beslis nog baie van hulle hoor!
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button