Local newsNewsNews

Hello daar! – Groot versameling prag-foto’s

Die fotograwe het hulself oortref en 'n reuse-versameling moontlik gemaak. Die groep verwelkom ook die 12-jarige Tyron van Eyssen van Midvaal wat sy debuut op die blad maak.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie.

As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 38ste fotoblad het in die week se uitgawe van Vaalweekblad, 17 Maart verskyn. Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vorige week op die web verskyn het word gekies om in die koerant te verskyn.

Rika van der Walt (oud-Valie) van Ellisras het die oulike model teëgekom en die mooi foto geneem.
Sheron Nienaber van Vanderbijlpark het die mooi landskapfoto geneem.
Stefanie Lotter van Sasolburg het die mooi foto van ‘n sonneblom in die Koppies-omgewing geneem.
Tyron van Eyssen (12) van Mooilande in Midvaal het die mooi foto geneem. Dit is die eerste foto wat Tyron op die blad deel.
Hendrik Bekker (Wild Breed Photography) van Vereeniging het die mooi foto van die wit leeus by die Rhino & Lion Park geneem.
Zinta Barnard (17) van Vanderbijlpark het die mooi foto van die kosmosse geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi sonneblomfoto geneem. Albertus neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 083 469 3942.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die pragtige portretfoto van haar kat, Sugar, geneem.
Buané Cordier (14) van Vanderbijlpark het die pragtige foto van die besondere wolke geneem.
Bernard du Toit van Riversong-plaas in die Koue Bokkeveld het die mooi foto van sy katjie geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die mooi foto geneem.
“Boesman – die baas van die plaas” – Carla Jooste woon op ‘n kleinhoewe buite Vanderbijlpark en het die mooi foto geneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem. Dricky (Dricky’s Pix) neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.
Esna Kruger van Vanderbijlpark het die mooi landskapfoto geneem.
“Pret in die branders” – George Stevens van Vereeniging het die mooi aksie foto geneem.
Hendrik Grobbelaar van Centurion het die skattige foto geneem. Hendrik neem professioneel foto’s en belangstellendes kan sy Facebook: Hendrik Grobbelaar Photography besoek of kontak hom by 082 572 9187.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het ‘n voorliefde vir die natuur en het die mooi foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.
June Bartlett van George het die mooi foto geneem. June Bartlett, spesialiseer in kinderfotografie en familiefoto’s. Besoek gerus hul Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.
John van Schalkwyk van George het die mooi foto van ‘n protea geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die kunstige foto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
“Promising signs of spring” – Karin Cronjé van Andorra (waar dit tans nog winter is) het die mooi natuurfoto geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
“Autumn show’s its colours” – Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto geneem.
Lizette Khun van Sasolburg het die mooi foto geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die pragtige foto geneem.
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die pragtige foto in die Rietvlei Natuurreservaat geneem.
Marietjie Barnard van Vereeniging het die pragtige foto van ‘n skoenlapper geneem.
Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die mooi foto van ‘n eekhoring geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die pragtige sonsondergang foto geneem.
“The will to live” – Monica Warren (oud-Valie) van Richardsbaai het die besondere foto geneem.
Nicolette van Schalkwyk van Vanderbijlpark het die pragtige foto by Smokey Owl in Dullstroom geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button