Local newsNewsNews

Lumies se Graad 1’s woel en werskaf fluks

VAALPARK. – Die 2021 Gr.1’s van Lumiére Primêre Skool se eerste paar weke was uitputtend, maar baie opwindend.

Op die heel eerste dag het die prefekte hul by die skool se ingang ingewag om hul vriendelik te verwelkom. Die waarnemende hoof, mnr. Lihan Kriel, het hul daarna in hul klaskamers toegespreek.
Daar is vanjaar sowat 83 leerlinge wat hul skoolloopbaan as Lumies begin. Daar is een Afrikaanse klas en twee Engelse klasse.
Op 27 Februarie het Vangile Keta en Ouma Khumalo van die Departement van Gesondheid die Gr.1-klasse besoek om onder meer die kinders se oë te toets.
Die prefekte het die graad 1’s op hul eerste skooldag ingewagFoto: Verskaf
Dis mos nou hoe jou eerste kunsklas moet wees. Speel met verf.
Alles was darem nie net werk nie. Die eerste dag is daar ‘n spesiale foto van elkeen geneem agter die “My eerste skooldag”-raam om seker te maak elkeen het ‘n spesiale herinnering aan die besondere dag.
Die leerlinge het ook die geleentheid gehad om figuurtjies uit beskuitjies, malvalekkers en versiersuiker op te tower.
Hul eerste kunsklas het vir groot pret gesorg. Eers moes almal ‘n prentjie van ‘n gesig inkleur en daarna het hulle met strooitjies verfdruppels geblaas om op die manier die gesigte op die prentjies van hare te voorsien.
Elke Gr.1 se foto is geneem. Foto’s: Verskaf
Lekkergoed-figuurtjie met koekies en malvalekkers.
Juanita sê die kinders het hul eerste skooldae baie geniet. Aan die begin is die kinders in groepe verdeel sodat hulle om die beurt skool toe gekom het, maar nou gaan almal elke dag skool.
“Die elke dag se skool toe kom het hulle beslis moeg gehad en hulle moes eers weer aanpas, maar nou geniet hulle dit.”
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button