Local newsNewsBreaking News

Duisende liter skoon water spuit met ‘n boog uit in Vereeniging!

Inwoners en sakelui vra Emfuleni se dringende hulp met stukkende waterpyp

KYK NA DIE VIDEO HEEL ONDER:

VEREENIGING. – Duisende liter vars water spuit sedert 10:30 vanoggend met ‘n baie hoë boog uit in die omgewing van Genl Smutsstraat in Vereeniging. Die skoon water spuit nou reeds meer as drie ure.

Me. Alicia de Beer van Auto One Stop sê die water spoel nou al voor die besighede in die straat verby. Die probleem is reeds op groepe en by stadsraadslede aangemeld, maar tot dusver was daar nog niemand van die munisipaliteit wat na die probleem kom kyk het nie.  

“Die water spuit met soveel krag dat dit soos ‘n trok klink wat hier ry, maar dis net die geweld waarmee die water spuit,” sê Alicia.

“Ons vermoed dis dalk ‘n ou pyp wat gebars het, maar die takke en riete is so dig dat ons nie presies kan sien wat aangaan nie.”

Inwoners en sakelui van die omgewing doen ‘n dringende beroep op die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit om so gou as moontlik kundige mense te stuur om te kom ondersoek instel.  

Kyk na die video by hierdie skakel:

https://www.youtube.com/watch?v=xCxPOJsbd0w

*********************************************************************************************************  

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button