NewsNews

Inwoners gryp self in om gevaarpad te beveilig

VANDERBIJLPARK. - Inwoners en sakelui van die Stokkiesdraai-omgewing het die afgelope twee weke hul moue opgerol en self begin om Ravelstraat, wat as ‘n baie gevaarlike roete beskou word, veiliger te maak.

Na haar tragiese dood het inwoners besluit om saam te span en veral die gebied naby die skerp draai en die brug oor die spruit, self te beveilig omdat die betrokke owerhede na vele klagtes nog niks aan die situasie gedoen het nie.
Van die Stokkiesdraai-inwoners het verlede week die verkeer van weerskante af gereguleer terwyl masjinerie deur sakemense soos mnr. Johan Burke, beskikbaar gestel is om die pad oop te stoot en die digte bosse langs die pad te verwyder. Sodoende is daar nou meer beweegruimte vir fietsryers en voetgangers. Hope sand wat plek-plek op die teerpad opgebou het, is daarna afgeskraap.
Die pad is veral in die omgewing van die bruggie oor die spruit en naby die skerp draai in die pad, skoongemaak en beveilig.
Conframat Bricks het ook werknemers beskikbaar gestel, wat die pad verder met besems skoongevee het.
Hoewel meeste padgebruikers die inwoners bedank het vir hul goeie werk om die pad te beveilig, was daar ook dié wat woedend was omdat dit die verkeer ‘n tyd lank vertraag het.
Terwyl die werksaamhede aan die gang was, kon die verkeer vir ‘n paar ure net uit een rigting op ‘n slag deurgelaat word ter wille van die werkers en motoriste se veiligheid.
Ravelstraat is ‘n provinsiale pad wat nie onder die Emfuleni-munisipaliteit se beheer val nie. Stokkiesdraai-inwoners het ‘n beroep op die Gautengse Departement van Paaie en Transport gedoen om aanwysings te gee oor die verdere beveiliging van die pad. Kommentaar van Gautrans word nog afgewag.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button