NewsNewsSportSport

Vaalies herontdek ou marathonroete

‘n Klein groepie atlete van die Vaal-atletiekklub (die klub wat jaarliks hierdie gewilde marathon aanbied) het egter besluit om Saterdag, 6 Maart een rondte van die ou marathonroete te hardloop.

VEREENIGING. – Die Vaal Marathon vind gewoonlik gedurende die eerste naweek van Maart plaas, maar weens die Covid-19-pandemie en vir veiligheidsredes is die wedloop, soos baie ander wedlope op die hardloopkalender, hierdie jaar gekanselleer. ‘n Klein groepie atlete van die Vaal-atletiekklub (die klub wat jaarliks hierdie gewilde marathon aanbied) het egter besluit om Saterdag, 6 Maart een rondte van die ou marathonroete te hardloop.

Dit is die roete wat gebruik is voordat die marathonroete in die 1990’s na Drie Riviere, Drie Riviere-Oos en Risiville verskuif is. Atlete het kort na 06:00 vanaf die Euro Superspar in Drie Riviere vertrek op die tog van ongeveer 24 kilometer.

(Die ou Vaal-marathon het soos Saterdag, by die Dick Fourie-stadion langsaan begin).

Die roete het atlete met Houtkopweg af, verby die Riviera Hotel in Mario Malani-rylaan, deur die dorp, Leeuhof, Duncanville, Unitaspark, Arconpark en Peacehaven geneem voordat atlete weer die eindpunt by Drie Riviere) bereik het.

Klublede Roelof van Wyk en Sharon Zeelie het hul huise as “waterpunte” beskikbaar gestel waar atlete kon aandoen en water en koeldrank langs die pad drink.

Daar was heelwat verrassings langs die pad, soos toe atlete ontdek het dat die geel verf wat die ou halfpadmerk aandui (oorkant die Checkers Hyper in Arconpark) steeds sigbaar is teen die randsteen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button