Local newsNewsNews

Fotoblad: Die mens en natuur

Die mens se liefde vir die natuur word mooi vasgevang en uitgebeeld in vandag se foto-versameling.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie.

As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059.

Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 39ste fotoblad verskyn in die week se uitgawe van Vaalweekblad, 24 Maart. Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vorige week op die web verskyn het word gekies om in die koerant te verskyn.

“Die veld is weer vrolik” – Lauanna Venter van Vanderbijlpark het die pragtige foto van Jaydean tussen die kosmosse geneem.
Liezel Senekal van Vereeniging het die pragtige foto geneem.
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die kunstige natuurfoto geneem.
Kate Whittam from Vanderbijlpark captured this beautiful portrait of an Impala.
John van Schalkwyk van George het die kunstige foto geneem.
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die mooi foto in die Rietvlei Natuurreservaat geneem.
Marietjie Barnard van Vereeniging het die pragtige foto geneem.
Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die mooi foto geneem.
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi natuurfoto geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die pragtige foto van ‘n naaldekoker geneem.
Nicky Jansen Van Vuuren (Chilli PicNic) van Vanderbijlpark het die pragtige natuurfoto geneem.
Sheron Nienaber van Vanderbijlpark het die kunstige landskap foto geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto geneem. Albertus neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 083 469 3942.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto in hul woonbuurt geneem.
Bernard du Toit van Riversong-plaas in die Koue Bokkeveld het die mooi foto geneem.
Buané Cordier (14) van Vanderbijlpark het die pragtige foto geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die mooi foto van die olifante by Mabalingwe geneem.
Ina Herselman van Sasolburg het die mooi natuurfoto by die Bongani Mabaso EcoPark in Vaalpark geneem.
Jenny Botes van Vanderbijlpark het die pragtige foto met vakansie in Port Elizabeth geneem.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het ‘n voorliefde vir die natuur en het die mooi foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.
June Bartlett van George het die pragtige troufoto geneem. June doen spesialiseer ook in kinderfotografie en familiefoto’s. Besoek gerus haar Facebookblad JDL Photography.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi natuurfoto geneem. Dit begin nou lente word daar. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Esna Kruger van Vanderbijlpark het die oulike foto tydens ‘n webreek na KwaZulu-Natal geneem.
 
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button