MIDVAAL HOOFSWEEP RAPPORT 11 Meer inligting oor die Midvaal Joint Operations Centre (JOC)
Meer inligting oor die Midvaal Joint Operations Centre (JOC)

Deur Raadsheer Phil C. Pretorius: Hoofsweep, Midvaal Plaaslike Munisipaliteit
Die Midvaal Joint Operations Centre (JOC) is op 26 Maart verlede jaar in die lewe geroep om die Corona-pandemie te bestuur. JOC bestaan uit 11 senior lede van Midvaal se essensiële departemente wat die brandweer, verkeer, ingenieurswese, sosiale dienste en gesondheidsdepartement van Midvaal insluit.
Die Incident Commander (IC) beheer die entiteit volgens die Incident Command System (ICS). Gedurende fase vyf van die grendelstaat het die JOC elke dag vergader en doen steeds so op ‘n weeklikse basis.
By hierdie JOC vergaderings word doelwitte gestel vir die week en uitkomste geëvalueer met betrekking tot die grendelstaatriglyne, sanitasie, Persoonlike Beskermende Toerusting (PBT) of Personal Protective Equipment (PPE), verkeer, klinieke, Ward Based War Rooms (WBWR), begrafnisse en terugvoer van ander belanghebbendes soos die polisie en die Sedibeng Distriksraad oor die beheer en bestuur van die Covid-19 pandemie.
Die Midvaal JOC het dan ten doel om namens die munisipaliteit dit wat binne hulle beheer en mandaat is, te bestuur. Operasionele planne is opgetrek en gee detail oor die getal personeellede wat in elke fase vir werk mag aanmeld en hoe hierdie werkers aan die riglyne moet voldoen.
Simptome-evaluering (screening) en sanitasie van werksareas, apparaat en publieke areas geniet primêre aandag. (Sien aangehegte foto’s). Terwyl die polisie verantwoordelik is vir die regulering van sosiale-distansiëring en masker-dra-regulasies, het Midvaal ingespring en openbare areas ontsmet en daaglikse situasieverslae is na Sedibeng en Gauteng deurgestuur.
Ons innige dank gaan aan die lede van die JOC vir hul volgehoue harde werk en insette om ons gemeenskap en Midvaal werkersveilig te hou.
Trotse Midvaal Groete.
Web: www.midvaal.gov.za
Facebook: Midvaal Local Municipality en Midvaal News Network
Tel: 0861 643 8225
MyMidvaal App

*********************************************************************************************************
