Local newsNewsNews

Eureka hou Downsindroom bewusmakingsweek

Kyk net die kouse! Deel van die Eureka Skool se Downsindroom Bewusmakingsweek.

VEREENIGING. – Bont kouse net waar jy kyk! Dis hoe dit vandag, Vrydag 26 Maart, by die Eureka Skool vir fisies en verstandelik gestremde leerlinge lyk.

Die personeel en die kinders met Down Sindroom het hul Down Sindroom Bewusmakingsweek op hierdie kleurvolle manier afgesluit. Sondag, 21 Maart was Wêreld Down Sindroom Dag. Hierdie jaar was die tema, “Rock your Socks” en by Eureka Skool is dit in styl en met groot pret gedoen.

‘n Vrolike kleurkring kouse ten bate van Down Sindroom Bewusmaking by die Eureka Skool
 

Die kinders met Down Sindroom is bekend vir hul vriendelike en sosiale geaarhede en hulle het die week baie geniet. Eureka skool het hierdie jaar 50 leerders met Down Sindroom. Daar is deur die loop van die week verskeie projekte aangepak, van ‘n groot bord vir publieke bewusmaking voor die skoolhek tot by ‘n ouerondersteuningssessie. Daar was ook koekies gebak en voete geverf, maar meer daaroor in ‘n latere koerant en web berig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button